Waarom Oudtshoorn Aftreeoord?
Die Oudtshoorn Aftreeoord is in een van die rustiger dele van ons plattelandse dorp, net langs die
Grobbelaarsrivier geleë. Die historiese hangbrug, digby die oord, bring die sakekern binne
stapafstand vir inwoners. Hierdie oord spog met pragtige, boomryke tuine waar inwoners ten alle tye
veilig en met die grootste gemoedsrus kan ontspan, stap of fietsry - werklik ’n paradys in die kleine.
Die oord is in 1993 as ’n projek van die Rotariër Klub van Oudtshoorn beplan en vandag is hulle steeds
aktief en geesdriftig by die bestuur van die oord betrokke. Altesaam 122 ruim, doelmatige wooneenhede
verskaf verblyf aan ons inwoners.
Oudtshoorn Aftreeoord voldoen aan al die bepalings en vereistes van die tersaaklike wetgewing ten
opsigte van die verblyf en versorging van ouer persone.
As u op soek is na veilige, kommervrye verblyf waar daar ook ruim voorsiening gemaak word
vir u geestelike, liggaamlike en sosiale behoeftes, dan is Oudtshoorn Aftreeoord u antwoord.

 |